Friday, May 28, 2010

Mico & Marisé

Mico & Marisé het getrou in die Paarl. Sy het aangetrek by ‘n gastehuis met die naam Auberge de Courtrai in die Paarl. Die onthaal was by Rusticana.

Een ding van winter wat verseker is, dit leer ‘n fotograaf om te bid. Die Vrydag het dit nog katte en honde gereën, maar hulle troudag sal beslis onthou word vir die mees fantastiese dag wat ‘n mens kan indink. Geen wind en geen reën.

Baie dankie Mico & Marisé dat ek hierdie spesiale dag met julle kon deel. Geniet die foto’s.

IMG_9679

Wednesday, May 5, 2010

Ryno & Michelle

Ryno & Michelle het getrou by Twelve Apostles, waar sy ook aangetrek het. Dit is sulke dae wat die Kaap besonders maak. Die wind het wel gewaai, maar dit was die ongelooflike sonsondergang wat hierdie dag ekstra spesiaal gemaak het.

Dit was die eerste troue wat ek bygewoon het waar ons vir die gaste gewag het. :-) Baie dankie aan Ryno & Michelle dat ek hierdie dag met julle kon deel. Geniet die foto’s.

IMG_7646

Saturday, May 1, 2010

Willem & Esmé

Willem & Esmé het getrou in die NG Moedergemeente kerk in Durbanville. Die onthaal was by Durbanville Hills. Sy het aangetrek by Ruslamere in Durbanville.

Ons het ‘n lekker tyd gehad met die fotosessie en ‘n mens kan dit sien. Willem & Esmé, baie dankie dat ek hierdie spesiale dag met julle twee kon deel.

Dit was vir my net so spesiaal, geniet die foto’s.

IMG_5764