Monday, April 19, 2010
Chris & Elmien
Chris & Elmien het getrou op 'n plaas met die naam van Blou Bank so 10 km buite Tulbach. Die onthaal was by Morgensvlei. Dit is ook waar Elmien aangetrek het. Ek dink almal by die troue sal Elmien se "veil" nie gou vergeet en indien julle nie daar was nie, kan julle die twee gerus uitvra. Die weer het ook lekker saamgespeel. Ek het weereens die plattelandse gasvryheid ervaar en te oordeel aan die dansbaan wat omtrent op elke lied vol was glo ek almal het die troue terdeë geniet. Dit was beslis een troue wat nie gou vergeet sal word nie en daarmee wil ek net baie dankie sê aan Chris & Elmien dat ek hierdie besonderse dag met julle kon deel.
Thursday, April 8, 2010
Ben & Adré
Ben & Adré het getrou in Bonivale. 'n Klein bolandse dorpie. Sy het aangetrek by die gastehuis A Place in Thyme. Hulle het getrou in die klip kerkie (Myrtle Rigg kerk) op die dorp en die onthaal was by Breede escape net anderkant die dorp. Wind het nogals effens gewaai, maar gelukkig het die son geskyn. Baie dankie Ben & Adré dat ek hierdie besonderse dag met julle kon deel.
Friday, April 2, 2010
Henry & Marlize
Henry & Marlize het getrou in Bergsigt kerk in Durbanville. Die onthaal was by Eensgezind.
Dit het begin reën terwyl sy nog besig was met die voorbereiding. Hulle sê dit is 'n seën indien dit reën op jou troudag. Dit het gelukkig opgehou en ons het 'n lekker fotosessie gehad. Geniet die foto's en baie dankie Henry en Marlize dat ek hierdie spesiale dag met julle kon deel.

Subscribe to:
Posts (Atom)